| Temba Tuis | Navrae    


SWAKOPMUND HOTEL AND ENTERTAINMENT CENTRE

Die luukste Hotel in Swakopmund, Namibië

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Swakopmund Hotel - ALgemeen

‘n Besoek aan Namibië se Skedelkus sal nie volledig wees as jy nie Swakopmund besoek het nie. Indien jy hierdie kusdorp op die Atlantiese Oseaan besoek, gaan tuis by die Swakopmund Hotel en Buiteklub. Die dorp het talle voorbeelde van Duitse argitektuur, en die luukse Swakopmund Hotel en Buiteklub is in een van hierdie geboue – die ou Stasiegebou. Die Hotel laat ‘n mens dink aan ‘n era wat lank reeds verby is, maar dit het al die ekstras wat ‘n mens sou verwag van ‘n wêreldklas luukse hotel.

Die Ligging

2 Theo-Ben Gurirab Avenue, Swakopmund

 

Akkommodasie

Die Swakopmund Hotel en Buiteklub bied verblyf in 2 luukse suites, 14 luukse kamers, 30 gesinskamers en 44 kamers met enkelbeddens. Al die kamers is en suite (bad, stort en toilet), met lugversorging wat individueel beheer kan word, en toegerus met tee-/koffie-stasies, toegeruste mini-kroeë, elektroniese kluise, haardroërs, skeerpunte, TV (insluitend ‘n Duitse kanaal) en telefoon.

Jy kan maaltye in jou kamer geniet en die kamerdiens (versnapering-spyskaart) is ononderbroke. Jacky Kandukira is in beheer van die kombuis by die Swakopmund Hotel en Buiteklub. Sy is ‘n lid van Namibië se Herero-stam en spesialiseer in tradisionele Namibiese cuisine.

Platform One bied ‘n buffet en a la carte spyskaart aan en bedien ontbyt, middagete en ligte maaltyd. Die Station Grill is waar jy moet aanklop as jy vars lynvis en ander seekos wil eet…reg vanuit die yskoue kuswaters van Namibië! Moenie die “Woestyn-aand” misloop nie, wanneer hulle ‘n uithang-banket in die woestyd bedien.

 

 

Aktiwiteite

Natuurlik bied Swakopmund Hotel en Buiteklub geriewe soos ‘n wasgoed-, droogskoonmaak- en opknapdiens (dieselfde dag), ‘n casino, refleksoloog, dokter op roep, gimnasium, snuisterye, swembad, winkels, fliek, babawagter en ‘n speletjieskamer vir ouer kinders, haarsalon, motorhuurdiens, veilige parkering en toergids vir raad oor daguitstappies.